Nikki Haley gaan glo veldtog laat vaar

Die voormalige Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, Nikki Haley, sal haar presidensiële veldtog vandag opskort, volgens ‘n bron wat vertroud is met haar planne. Dit sal verseker dat Donald Trump die Republikeinse nominasie wen en weer teen die Demokratiese president Joe Biden in November se verkiesing te staan sal kom. Haley het net twee voorverkiesings gewen, in die Distrik van Columbia, wat Washington insluit, en Vermont.