Navalny-weduwee vra vir protes op Russiese stemdag

Yulia Navalnaya, weduwee van die opposisieleier Alexei Navalny, het ‘n beroep op Russe gedoen om by ‘n verkiesingsdagprotes op 17 Maart aan te sluit en om teen president Vladimir Putin te stem of hul stembriewe te bederf. In ‘n YouTube-video sê Navalnaya dat sy hoop geput het uit die groot skares wat verlede week bymekaar gekom het vir die begrafnis van haar man, wat op 16 Februarie in ‘n Arktiese-strafkolonie dood is.