Hardap-produsent gesels oor nul inname by dam

Die stand van sake by die Hardapdam het nie verbeter nie en die dam is tans 13,6 persent vol. Sonder inname, wat tot dusver op nul staan, sal alle besproeiing teen einde Maart moet staak by die groenskema. Rico Bothma, een van die boere by die skema, wat die jaar grondboontjies as somergewas geplant het, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.