Bekostigbare erwe moet voorsien word

Behuising bly ‘n uitdaging nie net oor die koste daarvan nie, maar die beskikbaarheid van erwe en die diens daarvan. Bekostigbaarheid bly ’n uitdaging, aangesien die meeste mense net huise of grond tussen 80 000 en 200 000 Namibiese dollar kan bekostig. Kosmos 94.1 Nuus het met die Otjozondjupa-goewerneur James Uerikua gepraat, wat ‘n beroep op plaaslike owerhede doen om grond beskikbaar en bekostigbaar te maak deur die versnelde grondleweringsprogram.