Teleurstellend dat borg so maklik toegestaan word

Die Outapi-landdroshof het borgtog geweier aan ‘n 38-jarige veewagter wat na bewering ‘n vyf-jarige meisie Sondag by die Onaanda-dorpie in die Omusati-streek verkrag het. Bonifatius Iipinge Mbwale was ten tyde van die voorval uit op borgtog van 1 000 Namibiese dollar in ‘n 2020 verkragtingsaak wat ‘n 14-jarige meisie aanhangig gemaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ethne Mudge, die redakteur van Sister Namibia, wat sê dit is jammer dat die oortreder in die eerste saak borgtog gekry het.