Grense oop vir ‘n verskeidenheid groente
Dit wil voorkom asof Namibië se groente-produsente onderpresteer. Die Akkerbouraad het die grense in Maart net gesluit vir beet, botterskorsie, kool, komkommer, soetrissies en pampoen. Die grens is onbeperk oop vir uie, aartappels, tamaties en blaarslaai. Pro-rata-invoere word op wortels, skorsies, patats, waatlemoen, spanspek, soetmielies en spinasie toegelaat.