Stroper Babi skik, sal uitstaande huur betaal

Die selfverklaarde profeet en renosterstroper, Jackson Babi, het geskik met Josua Kaukungwa, die eienaar van die huis wat hy in Kleine Kuppe gehuur het. Dit is ook waar die polisie in Mei 2020 ‘n klopjag uitgevoer het en die renosterhorings gevind het. Babi se vonnis is in Desember vervang met verskeie boetes. Babi en sy vrou Maria het volgens ‘n skikkingsooreenkoms ingestem om die 81 400 Namibiese dollar se uitstaande huur in vyf gelyke betalings te maak. Die ooreenkoms sal vanoggend deur regter Nate Ndauendapo bekragtig word.