Angolese kinders op straat… daar’s baie in ander plekke

Aan die begin van die jaar was daar ‘n aansienlike toename in Angolese kinders wat hout-items verkoop en in strate regoor die land rondgedwaal het. Kadhila Amoomo Regspraktisyns het hul kommer oor die groepe kinders uitgespreek en ‘n beroep op die regering gedoen om doeltreffende maatreëls in te stel om die kwesbare kinders te identifiseer en by te staan. Hulle het ook gevra dat die kinders sosiale ondersteuning moet kry soos kos, skuiling, onderwys en so meer. Kosmos 94.1 Nuus het met prokureur Kadhila Amoomo gepraat, wat sê dat hy minder van die kinders in Windhoek se strate sien. Hy se hy wil die regering daarvoor bedank, maar die kinders is steeds in ander dorpe teenwoordig.