Super Tuesday: Geen verrassings nie

Amerika se president Joe Biden het tot dusver op Super Tuesday die Demokrate se benoemingsverkiesings in Iowa, Virginia, Vermont, Noord-Carolina, Tennessee, en Oklahoma gewen. Demokrate en Republikeine het in 15 state vir hul voorkeur-kandidaat vir die presidensiële verkiesing gestem. Oudpresident Donald Trump het tot dusver die Republikeinse benoemingsverkiesings in Noord-Carolina, Virginia, Tennessee en Oklahoma gewen. Biden is basies onbetwis in die Demokratiese benoemingstryd terwyl Trump die voorloper is om die Republikeinse kandidaat te word met sy goeie voorsprong bo Nikki Haley. Trump het met sy ondersteuners gepraat…