Duitser, 62, 217 keer teen Covid ingeënt

’n 62-jarige man van Duitsland is, teen mediese advies, 217 keer teen Covid ingeënt. Die bisarre geval is gedokumenteer in die Lancet-vaktydskrif. Hy het in inentings in ‘n kwessie van 29 maande ontvang. Navorsers sê tot dusver is daar geen newe-effekte nie maar, waarsku dat een pasiënt nie verteenwoordigend is nie. Die navorsers as bekommerd dat die hiperstimulering van die immuunstelsel met herhaalde dosisse sekere selle kon uitgeput het. Hulle voeg by dat hiper-inenting nie ‘n strategie om aanpasbare immuniteit te verbeter is nie. Ergste van alles, die man het nooit Covid opgedoen nie.