UPM parlementslede uitgegooi na PDM kla
Die rusie tussen die PDM en die United People’s Movement het gelei tot die onttrekking van laasgenoemde party se twee LP’s uit die Nasionale Vergadering. Jan van Wyk en Frans Bertolini het in die slag gebly omdat hul party hom by onafhanklike kandidaat Ally Angula geskaar het. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Peter Katjavivi, het aangekondig dat nuwe PDM-lede teen die einde van die week aan die parlement voorgestel sal word.