Meghan sluit aan by sterbelaaide South by Southwest-konferensie

Megan Markle is deel van ‘n sterbelaaide paneel by die openingsdag van die South by Southwest-konferensie wanneer dit Vrydag afskop. Die paneel se onderwerp is Breaking barriers, Shaping Narratives: How Women Lead On and Off the Screen. Die model, akteur en ondernemer, Brooke Shields, joernalis Katie Couric en skrywer, sosioloog en popkultuur-kenner, Nancy Wang Yuen, sal by die hertogin van Sussex aansluit. Ander gassprekers by vanjaar se konferensie sluit in die sanger en akteur Selena Gomez, akteur Pamela Adlon en die skerpskertser Danny Brown.