Haaie groot gunstelinge om Bok-senter Esterhuizen op te raap
Rugby: Die Haaie en die Stormers het albei aangedui dat hulle in die Springbok-senter André Esterhuizen belangstel. Hy verlaat die Engelse klub Harlequins aan die einde van die seisoen. Daar is egter vele gerugte dat die 29-jarige Wêreldbeker-wenner moontlik terugkeer Durban toe. Esterhuizen het sewe jaar vir die Haaie gespeel, voordat hy in 2020 Londen toe is om vir die Harlequins te speel. Hy sê dit was ‘n voorreg om Quins te verteenwoordig.