Dienste, paaie in Rundu hou nie by: Swartbooi

Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, is in Rundu in die Kavango-Oos-streek, om te praat oor verskeie sake wat die dorp se inwoners raak. Die party se leierskap het verskeie bekommernisse geopper, hoofsaaklik verwant aan die dorp se infrastruktuur en kwessies oor toegang tot grond. Swartbooi het tydens ‘n perskonferensie gesê dat die snelgroeiende dorp aansienlik meer geld van die sentrale regering moet ontvang.