Handboekbeleid kon nie genoeg handboeke in skole kry nie

Die Namibiese Handboekbeleid van 2014 het ten doel gehad om ‘n handboek-tot-leerling-verhouding van 1:1 vir kernvakke te bereik. Die onderwys-ministerie het hom nege jaar gelede daartoe verbind om hierdie verhouding te bereik. Die Handboekbeleid verskaf riglyne oor onder meer produksie, publikasie, verkryging, aflewering en versorging van handboeke en ander leer-ondersteuningsmateriaal. Ten spyte van die spertyd wat die ministerie vir hulself gestel het, is daar steeds berigte van handboektekorte landwyd. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Duminga Ndala, die Landless People’s Movement se jeugbevel-leier, oor die gebrek aan handboeke.