Ghana se president sê oor anti-gay wet
‘n Wetsontwerp teen die LGBT-gemeenskap wat verlede week deur Ghana se parlement aanvaar is het nog nie president Nana Akufo-Addo bereik nie. Volgens hom is daar reeds ‘n aansoek in die land se hooggeregshof daarteen. Daarom meen hy, is dit beter om eers terug te hou tot die hof ‘n besluit gemaak het. Sou die wet deurgevoer word, kan dit ‘n hulppakket van 3,8 miljard Amerikaanse dollar in gedrang plaas.