Bitcoin bereik amper-stamper sy Nov. ’21-rekord

Bitcoin het Dinsdag ‘n hoogtepunt van 68 828 Amerikaanse dollar bereik, amper by die rekord van 68 999,99 dollar in November 2021 gestel is. Die kripto-geldeenheid het Dinsdag met amper 8 persent versterk en sedert Januarie, met 50 persent. Die eenheid het effe teruggesak vandag en verhandel tans net bo 66 800 dollar. Kenners meen die vraag na die eenheid is tans uiters hoog en sê ‘n waarde van 80 000 dollar is bereikbaar.