Navorsers ontdek nuwe Amasone anakonda-spesie

Navorsers in die reënwoude van die Amasone het die wêreld se grootste slang-spesie, ’n enorme groen anakonda, in Ecuador ontdek. Hierdie spesifieke spesie het 10 miljoen jaar gelede geskei van ‘n ander anakonda-spesie, hoewel hulle tot vandag toe nog amper identies lyk. ’n Video wat aanlyn gedeel is, wys die skaal van hierdie 6,1 meter-lange reptiele terwyl een van die navorsers, die Nederlandse bioloog Prof. Freek Vonk, langs die reuse 200kg-monster swem. Daar was voorheen gedink dat daar net een spesie groen anakonda in die natuur voorkom, die Eunectes murinus, maar die wetenskaplike joernaal “Diversity” het vandeesmaand onthul dat die nuwe “noordelike groen anakonda” tot ‘n ander spesie, Eunectes akiyama, behoort.

Kyk na die video hieronder: