ANC sal kandidate se korrupsiebewerings oorweeg
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party oorweeg korrupsieklagtes teen sy lede met die afhandeling van die kandidaat-keuringsproses. Die nasionale uitvoerende komitee het vergader om die kandidaatlyste vir provinsiale wetgewers en die parlement te oorweeg, voor Vrydag se spertyd van die Onafhanklike Verkiesingskommissie. Volgens Mbalula sal die NUK deeglik besin oor al die name, en aspekte oorweeg soos prestasie en integriteit voordat die afgehandelde lyste ingedien sal word. Hy gee die versekering van deursigtigheid en sê spesifieke verduidelikings sal gegee word wanneer die proses afgehandel is: