VSA stel sanksies teen 11 Zim-leiers in
Die Amerikaanse regering het sanksies ingestel teen president Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe en ander senior amptenare oor hul beweerde betrokkenheid by korrupsie en menseregtevergrype. Die sanksies dek elf individue en drie instellings. Benewens Mnangagwa, is vise-president Constantino Chiwenga en ‘n sakeman, Kudakwashe Tagwirei ook ingesluit. Die Amerikaanse regering sê die gedrag van sommige van die magtigste mense en maatskappye in Zimbabwe kan vergelyk word met die grootste skenders van menseregte en korrupte persone ter wêreld.