EU bied vrouekonsert en uitstalling in Windhoek aan

Die Europese Unie-afvaardiging na Namibië bied die 2024 Internasionale Vrouedag Vroulike Kunstenaar-uitstalling aan, wat op Woensdag, 6 Maart by die Frans-Namibiese Kultuursentrum in Windhoek ge-open sal word. Dit sal strek tot 12 Maart. Die uitstalling, met die tema “Inspire Inclusion”, dien as ‘n platform vir Namibiese vroulike kunstenaars om hul bemagtigende kunswerke ten toon te stel. Die geleentheid sal om 6-uur die aand begin, en die kunswerke sal opgeveil word. Opbrengste hoër as die reserweprys sal geskenk word aan ‘n nie-regeringsorganisasie wat vrouebemagtigingsinisiatiewe in Namibië ondersteun. Die EU-ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins, verduidelik die belangrikheid van die uitstalling.