Voorbereidings vorder vir 5G

Ten spyte van voortdurende uitdagings, toon 2024 positiewe neigings vir 5G-ontwikkeling in Afrika, met verhoogde operateurfokus, deurlopende proewe en potensiaal vir wyer ontplooiing later in die jaar. Suid-Afrika was die eerste land in die streek wat 5G bekendgestel het, en ‘n handjievol lande het sedertdien gevolg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Stanley Shanapinda, die uitvoerende hoof van Telecom Namibia, wat sê hulle berei voor om infrastruktuur te bou om 5G in die toekoms te akkommodeer.