NDF-lid verskyn op verkragtingklag van meisie, 15
‘n Lid van die Namibiese weermag, die 43-jarige Martin Hangula, sal weer op 23 April in die laerhof op Grootfontein verskyn. Hy is aangekla van verkragting van ‘n 15-jarige meisie. Hangula het die meisie verlede maand glo by sy woonstel verkrag. Hy het haar glo gedreig en gesê om vir niemand te vertel of die saak by die polisie aan te meld nie, anders sou hy haar skiet. Die staat sê hy moet borg geweier word omdat hy met die slagoffer en die saak kan inmeng maar, hy het aangedui hy sal ‘n formele borgaansoek bring.