Volhoubare Ontwikkelingstoekennings van stapel gestuur
Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië het in vennootskap met die Raad vir Volhoubare Ontwikkeling en die omgewing-ministerie vanjaar se Volhoubare Ontwikkelingstoekennings bekend gestel. Die vierde uitgawe word onder die tema “Belegging in ons planeet” gehou. Dit sal erkenning gee aan instellings en individue wat omgewings-, sosiale, ekonomiese en bestuursaspekte van volhoubare ontwikkeling in hul besighede en bedrywighede geïntegreer het. Die toekennings-aand is vir 19 Junie geskeduleer. Die omgewingskommissaris, Timoteus Mufeti, het by die bekendstelling oor die belangrikheid van die toekennings gepraat.