Verkragtings kry nie end nie, ook van minderjariges
Twee gevalle van die verkragting van minderjariges is oor die naweek by die polisie aangemeld, asook vier ander verkragtingsake. Een van laasgenoemde sake is deur ‘n 16-jarige meisie oopgemaak. In Cimbebasia in Windhoek, het ‘n pa na bewering Vrydag sy 12-jarige dogter twee keer verkrag. Hy het ook video’s daarvan gemaak en gedreig om dit te versprei, volgens die polisieverslag. Die tweede geval het in Desember plaasgevind in Nau-Aib in Okahandja. Die ouers van ‘n drie-jarige meisie het haar soos gewoonlik by hul bure gelos om te gaan werk. Sy het gekla van pyn en is na die hospitaal geneem, maar die ouers het Vrydag eers die klag gaan lê. Die verdagte is ‘n 12-jarige seun.