Land se damme word net leër
Volgens NamWater se weeklikse dambulletin is daar net 20,4 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor. Von Bach is op 11,4 persent na water van Swakoppoort, wat op 40,5 persent staan, oorgedra is. Omatako het 1 persent water. In die Suide is Hardap op 13,6 persent met meer as 2 miljoen kubieke meter wat in die afgelope sewe dae benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 41,1 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 43,6 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 4,1 persent met die Otjiverodam op 4,8 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 7,3 en 5,8 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 39,2 persent.