Skoolprojek is goeie nuus, maar …

Die bou van die Laerskool Dr. Abraham Iyambo, wat in 2017 laat vaar is, staan ná sewe jaar van stagnasie op die randjie van herlewing. Die skoolprojek, geleë in Windhoek se Moses Garoëb-kiesafdeling, is in 2017 gestaak weens kommer oor die terrein se ligging op ‘n heuwel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die woordvoerder van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Dorothea Nangolo, wat sê dit is ‘n goeie inisiatief veral omdat die land nie genoeg klaskamers het nie.

Daar is 18,3 miljard Namibiese dollar in die begroting aan die onderwys-ministerie toegeken. Nangolo sê dit is goeie nuus, maar hulle het bekommernisse.