Klimaatsverandering ‘gaan Afrika se gewas-inkomste met 30% sny’

Afrika gaan van 2050 af voedsel- en waterskaarstes, asook werksverliese in landbousektore beleef as klimaatsverandering nie bekamp word nie. Dit is die bevinding van ʼn studie deur die Universiteit van die Witwatersrand. Volgens die studie sal gewasproduksie in Afrika teen 2030 met 2,9-persent en teen 2050 met 18-persent daal indien klimaatsverandering teen die huidige tempo voortgaan. Professor Philip Kofi Adom sê regerings moet privaat inisiatiewe in klimaatsaanpassing en -bekamping ondersteun.