Een vrou dood, een in hospitaal, na talle aanrandingsake teruggetrek is
‘n Swakopmund-vrou lê in die hospitaal met steekwonde regoor haar lyf en ‘n ander, van Okombahe, is in die lykshuis. Beide vroue is vermoedelik aangeval deur hulle kêrels en beide vroue het reeds talle klagte van aanranding by die polisie gemaak net om die klagte terug te trek. Nampol sê hy is uiters bekommerd oor die voortgesette onttrekking van geslagsgebaseerde geweldsake deur klaers. Die polisie het reeds herhaaldelik gevra dat sou slagoffers dit doen, moet hulle dit eerder in die hof doen omdat dan is daar verklarings en getuienis wat die justisie kan gebruik om die saak vorentoe te neem sonder die klaer.