Malaria-uitbreking – geen woord oor entstof nie
Die gesondheidsministerie het die jongste maatreëls in verband met malaria gedeel. Die minister, Kalumbi Shangula het ‘n uitbreking verklaar met amper 2 500 gevalle in die verre Noorde van die land waarvan talle in die hospitaal is. ‘n Malaria entstof is vroeg in Februarie in lande soos Kongo-Brazzaville en Kameroen uitgerol met meer as 10 000 kinders wat ingeënt is. Kosmos 94.1 Nuus het met die gesondheidswoordvoerder Walters Kamaya gepraat oor of Namibië ook die entstof sal bekom.