Haley vat Washington net voor ‘Super Tuesday’
Die voormalige goewerneur van Suid-Carolina, Nikki Haley, het die Republikeinse presidensiële voorverkiesing in Washington gewen. Dis haar eerste oorwinning oor oudpresident Donald Trump en sy het 62,9-persent van die stemme gekry teenoor Trump se 33,2-persent. Vyftien state hou môre op sogenaamde Super-Dinsdag voorverkiesings en die oudpresident se status as Republikeinse kandidaat sal na verwagting verseël word. Haley se veldtog-woordvoerder, Olivia Perez-Cubas, sê dis nie verbasend dat Republikeine in Washington Trump en sy chaos verwerp het nie.