Binnelandse Sake is in die Steentydperk – DA
Die DA moedig die buurlandse minister van binnelandse sake Aaron Motsoaledi aan om ‘n aanlyn en regstreekse navolgingstelsel vir immigrasie in te stel, wat die aansienlike agterstande vir visum-aansoekers sal uitwis en deursigtigheid verbeter. In ‘n onlangse voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee, het Binnelandse Sake ‘n agterstand onthul wat terugdateer na 2016, en vererger is deur die Covid-19-inperking wat amptenare verhoed het om te werk. Angel Khanyile van die DA sê verslae dui daarop die huidige agterstand het 95-duisend oorskry: