Toekoms van boubedryf lyk maar power
Daar is kommer in die boubedryf. IJG Sekuritete sê die korttermynvooruitsigte vir die konstruksiesektor in Windhoek bly teleurstellend. Ten spyte van die toename in die waarde van goedkeurings op ‘n jaargrondslag in Januarie, het die 12-maande kumulatiewe waarde van geboue wat goedgekeur is, ‘n 22-maande agtereenvolgende afname op ‘n jaar-tot-jaar basis gesien. Daarbenewens het werklike konstruksie-aktiwiteit ‘n aansienlike afname getoon. Die trae prestasie van die konstruksiesektor, soos weerspieël in beide goedkeuring- en voltooiingsdata, dui op onderliggende swakhede in verbruikersvraag. Verbruikers word tans gekonfronteer met ‘n relatief hoë repokoers, wat dit duurder maak om ‘n lening aan te gaan.