LPM reageer op kritiek, blameer vorige bedeling

Die LPM het gereageer op kritiek teen die party deur die bekende aktivis Jade Lennon. Lennon, gebaseer op Swakopmund het aantygings teen die party gemaak wat meen dat hy geensins die publiek bystaan om grond of dienste te bekom nie. Hy het die party daarvan beskuldig dat hy net mag najaag. Lifalaza Simataa, woordvoerder van die LPM, sê mense verstaan nie hoe dinge werk nie.