Duisende in dagga gekonfiskeer

Dwelms bly ‘n uitdaging. Die Namibiese polisie sê ‘n 23-jarige man is op Ariamsvlei met amper 2 kilogram dagga, ter waarde van 99 500 Namibiese dollar aangekeer. Ook in die verre Suide, is twee mans by ‘n gastehuis op Karasburg aangekeer met net meer as 7 kilogram dagga. Die mag sê toe die voertuig gestop is het die passasier uitgespring en ‘n sak uit die voertuig gegooi. Die twee, 39 en 49 jaar oud, sal vandag in die hof op die dorp verskyn. Op Mariental is ‘n 34-jarige man vas vir 280 gram dagga, 12 halwe mandrax pille en 27 kwarte. Die waarde van die dwelms word op net minder as 4 800 Namibiese dollar beraam. Die ondersoek duur voort en die man sal in die laerhof op die dorp verskyn.