Kamala vra onmiddellike skietstilstand in Gaza

Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris vra vir ‘n onmiddellike skietstilstand in Gaza vir ten minste die volgende ses weke. ‘n Hamas-afvaardiging het gister in Egipte aangekom vir die jongste ronde samesprekings oor ‘n wapenstilstand, wat deur baie bestempel word as die laaste moontlike struikelblok tot ‘n skietstilstand. Harris het by ‘n geleentheid in Selma, in Alabama, ook ‘n beroep gedoen op die Israelse regering, om meer te doen en toe te laat dat hulp die gebied makliker bereik. Sy sê die geweldige omvang van lyding in Gaza is onaanvaarbaar: