Nampol loods ondersoeke na 2 gru-verkragtings
Die Namibiese polisie het verskeie verkragtings in sy naweek misdaadverslag aangemeld met twee van jong dogtertjies. Die mag sê hy ondersoek nou ‘n saak waar ‘n pa vermoedelik sy 12-jarige dogter in Cimbebasia vroeër in Februarie verkrag het en haar gedreig het dat hy die video’s wat hy daarvan gemaak het, sal openbaar. In nog ‘n geval word die verkragting van ‘n drie-jarige dogtertjie op Nau-Aib, Okahandja ondersoek. Die kind is blykbaar by haar oppasser se huis in Desember verkrag. Die verdagte is blykbaar ‘n 12-jarige seun.