Eskom verwelkom volhoubaarheids-verslag

Eskom het die aanbevelings in ‘n verslag verwelkom wat in opdrag van die Nasionale Tesourie opgestel is as deel van die plan om die kragverskaffer weer volhoubaar te maak. Die verslag dek ‘n oorsigtydperk van Maart tot Mei verlede jaar, wat saamval met die inwerkingstelling van die Eskom-raad se opwekkingsherstelplan. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die instelling het in Oktober verlede jaar talle van die verbeterings wat reeds gedoen is, bekendgestel.