Stop geslagsgeweld, sê adjunkpresident

Die Mynwerkers-unie van Namibië het ‘n vrouekonferensie gehou wat die bemagtiging van vrouens aanmoedig. Die konferensie is in aanleiding na Vrouedag wat op 8 Maart plaasvind. Die adjunkpresident van Namibië Netumbu Nandi-Ndaitwah, het by die geleentheid gepraat en die publiek aangemoedig om vordering van vroue gelykheid te versnel deur geslagsgeweld te bekamp teen mans en vrouens.