Rykes gebruik meer as armes – VN

Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram sê die ontginning van die aarde se natuurlike hulpbronne het die afgelope vyf dekades verdriedubbel. Dit hou verband met die massiewe opbou van infrastruktuur in baie dele van die wêreld en die hoë vlakke van verbruik – veral in bo-middelklas en hoë-inkomste lande. Die uitvoerende direkteur van die program, Inger Andersen, sê die drievoudige planeetkrisis van klimaatsverandering, verlies aan naturlewe en besoedeling word aangedryf deur ‘n krisis van onvolhoubare verbruik en produksie: