Onafhanklikheidsviering op Katima gehou

Die amptelike viering van Namibië se 34ste onafhanklikheidsherdenking sal op 21 Maart op Katima Mulilo in die Zambezi-streek gehou word, onder die tema ‘n Nasie verenig vir welvaart. Die president, Nangolo Mbumba, sal die hoofrede lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met Rafael Liswaniso, uitvoerende hoof van die Katima Mulilio-dorpsraad, gepraat oor wat dit vir die streek beteken.