Volg regulasies met vervoer van vleis of vee
Die Namibiese Landbou-Unie herinner die publiek om seker te maak van regulasies rondom die vervoer van vleis, vee en wild. Dit is vir vee- en wildprodusente van kardinale belang dat polisie- en ministeriebeamptes doeltreffend optree by padblokkades. As gevolg van Veediefstal en stropery is owerhede baie streng. Regulasies sluit in ‘n lang lys van dokumente en permitte soos vervoerpermitte, titelakte, en skietpermitte. Die inligting was reeds onlangs gedeel in die unie se Nuusbrief. Die staatsveearts of die unie sal meer inligting kan verskaf.