Hezbollah-vegters dood in Israeliese hommeltuig-aanval

’n Israeliese hommeltuigaanval het drie Hezbollah-vegters in Suid-Libanon doodgemaak. Die is die jongste syfers in die voortslepende geweld in die Gaza-oorlog. Die mans is dood toe die motor waarin hulle was op ‘n kuspad naby die dorp Naqoura geteiken is, het veiligheidsbronne in Libanon gesê. Een van die mans was glo ‘n wapentegnikus.