Springbok-sewes swak in Los Angeles
Orr na rugby waar die Springbok-Sewes kon nie hulle belofte van ‘n beter vertoning vanoggend by die Los Angeles-toernooi nakom nie, toe Ierland hulle met 17-0 in hulle openingswedstryd afgeransel het. Conor O’Sullivan het in die openingsoomblikke ‘n drie gedruk en Zack Ward het in die eerste helfte twee keer punte aangeteken om die Blitsbokke te kniehalter. Die Suid-Afrikaners se paadjie is nou nog meer opdraende want hulle moet hulle volgende twee wedstryde wen. Die volgende een is vanaand teen die reeksvoorlopers Argentinië en hulle laaste wedstryd is vroeg môreoggend teen Spanje.