Duisende Russe stroom na Navalny se begrafnis
Duisende Russe het hul regering verontagsaam en na die begrafnis van die opposisieleier, Alexei Navalny, in Moskou gestroom. Die Kremlin het vroeër gewaarsku ongekeurde byeenkomste vir Navalny sal die wet oortree, maar dit het nie sy ondersteuners afgeskrik om buite die kerk bymekaar te kom nie. Mense is verhinder om in te gaan ure nadat die diens sou begin, met roukbelaers wat sê dit lyk of die regering sy eie scenario van ‘n stille begrafnis probeer instel. Sky News berig skerpskutters kon gesien word op dakke wat oor die kerk uitkyk.