Cosatu mobiliseer ondersteuning vir ANC
Die vakverbond Cosatu sê hy het sy verkiesings-oorlogkamers met geaffilieerde vakbonde gestig om sy mense te mobiliseer om in die komende verkiesing vir die ANC te stem. Die regerende party se ondersteuning gaan na verwagting die eerste keer sedert 1994 onder 50 persent wees. Cosatu het sowat 1,6 miljoen lede. Hy sê hulle is teleurgesteld oor die foute wat die regering gemaak het, maar waardeer die talle voordele wat werkers sedert 1994 en onder president Cyril Ramaphosa se leierskap bygekry het.