Demensie kry nie die aandag wat dit moet nie
Die regering gee nie genoeg ondersteuning aan demensie en Alzheimer se siekte nie as gevolg van uitdagings met tekorte aan veral psigiaters. Berrie Holtzhausen, die uitvoerende beampte van Alzheimers and Dementia Namibia, help al vir 14 jaar Namibiërs met demensie en Alzheimer se siekte. Hy is bekend as die “African Witch Finder” omdat hy verskeie ouer mense in die noordelike gebiede geïdentifiseer het wat met demensie en Alzheimer se siekte lewe. Holtzhauzen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die organisasie sukkel met bewusmaking.