‘Onttrekkingaansoek in Fishrot-verhoor is nonsens’

Fishrot-regter Moses Chinhengo sal sy uitspraak op 12 Maart in verband met sy onttrekking van die saak lewer. Die sessie was kort omdat net Nigel van Wyk die aansoek gebring het en sy advokaat Mbanga Siyomunji was nie in die hof nie. Sacky Shanghala sê hy het ‘n brief aan president Nangolo Mbumba gestuur om te kla oor Chinhengo se aanstelling maar daar is geen mosie in die hof nie. Staatsadvokaat Ed Marondedze sê die mosie is nonsens.