Almal wag in spanning vir Maart se brandstofprys

Die komitee wat die brandstofprys bepaal het Donderdag vergader maar, dit is nie bekend of die prys vir Maart vanmiddag of Maandag bekend gemaak sal word nie. Die nuwe prys tree volgende week Woensdag in werking. Dit is moeilik om te voorspel wat die prys sal wees omdat dit nie bekend is of Namcor en die Padfondsowerheid ‘n verhoging in hulle heffings ontvang het nie. Albei het verhogings aangevra, Namcor 50 sent en die owerheid, ‘n dollar. Intussen het Brent ru-olie in die afgelope maand met 4 persent gestyg.