Afrikaans groei steeds, taal staan sterk
Volgens ‘n verslag van die Afrikaanse Taalraad kan die aantal Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika van 7,11 miljoen in tot 7,12 miljoen toeneem teen 2031. Die verslag meld ook dat Afrikaanssprekendes as ‘n persentasie van die land se algehele bevolking krimp, wat hul bedingingsmag met die staat verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Karien Brits, ‘n taalpraktisyn by Akademia, wat van mening is dat Afrikaans steeds groei.